NewsSchoolsBreaking News

Foto’s van LS Tini Vorster se o/11 Rugbykarnaval & Valkie Rugbydag

NIGEL - Laerskool Tini Vorster was die gasheer tydens vanjaar se o/11 Rugbykarnaval en junior Valkie Rugbydag wat op 11 Maart by John Vorster Stadion plaasgevind het.

Die deelnemende skole was Laerskool Tini Vorster, Laerskool Hannes Visagie, Laerskool Pam Brink, Laerskool Selection Park en Laerskool AG Visser, met spelers in die ouderdomsgroepe van o/7, o/8 en o/11.

IMG_0168 (Custom) IMG_0097 (Custom) IMG_0100 (Custom) IMG_0104 (Custom) IMG_0107 (Custom) IMG_0117 (Custom) IMG_0129 (Custom) IMG_0135 (Custom) IMG_0137 (Custom) IMG_0141 (Custom) IMG_0143 (Custom) IMG_0144 (Custom) IMG_0145 (Custom) IMG_0146 (Custom) IMG_0148 (Custom) IMG_0151 (Custom) IMG_0154 (Custom) IMG_0163 (Custom) IMG_0164 (Custom) IMG_0166 (Custom)

Vaardigheid en tegniek is hoog op die agenda tydens Valkie-toernooie, waar ‘n wen of verloor minder belangrik is as die kweek van liefde vir die sport. Gevolglik het die o/7-spanne“tag” rugby en die O/8-spanne duik-rugby gespeel. By die o/8s is die lynstane en skrums onbetwis om die gevoel aan te leer, sonder om beseer te word.
Die groot aksie het egter by die o/11-wedstryde plaasgevind. Laerskool AG Visser se o/11-span het Laerskool Hannes Visagie in die eerste been van die toernooi geklop, maar in die finale wedstryd het Laerskool Hannes Visagie se o/11s koning gekraai toe hulle Laerskool Tini Vorster gewen het. ‘n Fotogalery is beskikbaar by www.heidelbergnigelheraut.co.za.

Related Articles

Back to top button