CrimeEditor's choiceLocal newsNewsBreaking News

Alraparker kry lewenslank vir moord

NIGEL - Lawrence Beyers, ‘n 30-jarige man van Alrapark is op 16 Februarie na ‘n suksesvolle ondersoek deur A/O Lawrence O’Neil van Nigel Speurtak en daaropvolgende uitgerekte verhoor, tot lewenslange tronkstraf gevonnis.

LEES VOLLEDIGE BERIG IN DIE VOLGENDE UITGAWE VAN HERAUT

Die vonnisoplegging is op 16 Februarie deur Mnr Juan Voogt in Nigel Landdroshof se streekshof voltrek. Dit volg nadat Beyers die 39-jarige Johnson (JJ) Lobs op 27 Julie 2013 koelbloedig in ‘n stegie buite ‘n kuierplek in Gazelle Rylaan doodgeskiet het.

Gedeeltes van hierdie berig is uitgelaat en verskyn in die volgende uitgawe…

Beyers het volgens getuienis ‘n skoot in die rigting van die kuierplek afgevuur waarop JJ Lobs vir sy eie veiligheid die stegie in gevlug het. Beyers het hom egter agternagesit en ‘n doodskoot op kort afstand in sy nek afgevuur. Intussen het Irwin hom na Nigel Polisiestasie gehaas en die skietvoorval rapporteer.

‘n Geruime tyd later het Beyers ook by die polisiestasie opgedaag en gesê “hy dink hy het iemand raakgeskiet”, waarop lede van Nigel SAPD die toneel besoek het. Hulle het die liggaam van JJ Lobs in die stegie gevind en op talle bewysstukke beslaggelê wat later in die hof voorgelê is.

IMG_6866 (Custom)

SKULDIGBEVINDING

Mnr Voogt het egter haar weergawe as ‘n ongefundeerde opinie beskou en op 15 September is Beyers op al vier aanklagte skuldig bevind.

Staatsaanklaer Bradford Dias het die hof daarop gewys dat moord ‘n ernstige misdaad is en vir verswarende omstandighede in vonnisoplegging gepleit.

“In vonnisoplegging behoort die korrekte boodskap aan die beskuldigde, sowel as die publiek gestuur word. Die beskuldigde toon nie ware berou nie en daar is geen konkrete bewys van post traumatiese stressindroom bevind nie,” het Dias geargumenteer.

Vonnisoplegging is voorbehou waarop Mnr De Kock vir ‘n verdere evaluering van die beskuldigde deur ‘n professionele sielkundige gevra het. Lukas Schuman het die beskuldigde daarna altesaam 10 ure lank oor ‘n tydperk van weke ge-evalueer en sy sielkundige verslag op 16 Februarie aan die hof voorgelees. Die hof het egter die sielkundige se bevinding dat Beyers aan post traumatise stressindroom ly, verwerp en gesê die sielkundige het in ‘n slaggat getrap deur te sê Beyers het nie bedoel om Lobs dood te skiet nie.

“Die moord was nie vooruit beplan nie, maar met voorbedagte rade uitgevoer,”het Mnr Voogt gelas.

Beyers is gevolglik op klagte van moord tot lewenslange gevangenisstraf (25 jaar) gevonnis en een jaar samelopend op die tweede klag van aanranding. Die hof het verder gelas dat hy onbevoeg verklaar word om ‘n vuurwapen te besit.

APPéL

Beyers se advokaat, Mnr Freddie van der Merwe het na afloop van die vonnisoplegging, appél teen die skuldigbevinding asook vonnisoplegging aangeteken en ‘n aansoek om borg hangende appél geloods. Die aansoek word hierdie week aangehoor.

 

Solly en Irene Lobs (ouers van die vermoorde JJ Lobs) het na afloop van vonnisoplegging hul tevredenheid uitgespreek.
Solly en Irene Lobs (ouers van die vermoorde JJ Lobs) het na afloop van vonnisoplegging hul tevredenheid uitgespreek.

Related Articles

Back to top button