Local newsNewsBreaking News

Nou ontkoming toe plaaslike vlieënier noodlanding uitvoer

HEIDELBERG - ‘n Vlieënier van Heidelberg het ‘n noue ontkoming gehad toe hy weens meganiese probleme ‘n noodlanding naby Rooikraal langs die R103 (ou Albertonpad) moes uitvoer.

Volledige besonderhede van die voorval is nog nie bekend nie, maar volgens Kapt Thivhulawi Tshilate (polisiewoordvoerder) het die vlieënier wie se identiteit nie bekend is nie, meganiese probleme ondervind terwyl hy op 19 Februarie omstreeks 08:00 besig was om landerye met gifstof te bespuit.

Paramedici en lede van Lesedi en Ekurhuleni metropolisie is na die toneel ontbied, maar by hul aankoms het die vlieënier ongedeerd buite die vliegtuig geloop. Nadat hy van die aanvanklike skok herstel het, is daar bevestig dat hy ongedeerd is. Verkeer is ook minimaal ontwrig.

Die omstandighede van die voorval word ondersoek.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto. More »

Related Articles

Back to top button