CrimeLocal newsNewsBreaking News

Drie wat in Jameson Park wou roof deur gemeenskap en GPF vasgetrek

NIGEL - Drie verdagtes het hul rieme styfgeloop na die spoedige optrede van die gemeenskaps en lede van Jameson Park GPF wat hul planne om ‘n gewapende huisroof in Jeppestraat uit te voer, gefnuik het.

LEES ASB DIE VOLLEDIGE BERIG IN DIE VOLGENDE UITGAWE VAN HERAUT

Die mans is kort voor 19:00 op 16 Februarie in ‘n verdagte voertuig gewaar, terwyl hulle stadig heen en weer in die straat gery het. ‘n GPF-lid wou ondersoek instel en het die mans minute later buite die voertuig opgemerk. Hy het gesien hoe een ‘n vuurwapen vashou en het hulp ontbied.

Die verdagtes is met behulp van gemeenskapslede vasgekeer en die polisie het later opgedaag.

Hulle verskyn eersdaags in Nigel Landdroshof op aanklagte van besit van onwettige ammunisie.

Volgens omstanders op die toneel, was daar die vorige week ‘n inbraak in Jeppestraat en die verdagtes is al vantevore in dieselfde voertuig in die area opgemerk.

 

 

 

Related Articles

Back to top button