Local newsNews

Nuwe bestuur vir Nigel VLU

NIGEL - Lede van Nigel VLU het op 11 Februarie vir die 709de takvergadering byeengekom.

Met Valentynsdag wat op 14 Februarie gevier is, was al die dames in rooi getooi. Hettie Botha was die spreker van die dag en het die dames op ‘n reis deur Israel geneem. Dit was ‘n belewenis om dié historiese land deur haar oë te sien en die dames het behoorlik aan haar lippe gehang.

Tydens die amptelike verrigtinge van die vergadering is die nuwe bestuur vir 2016 gekies. Hulle is: Suzanne Drotsky (voorsitster), Kitty Bronkhorst (sekretaresse), Desiree Human (tesourier), Anna-Marie Axer as (skakelbeampte), Mabel van Staaden (kompetisie beampte), Elsa Greyling (vise voorsitter) en Hettie Botha as nuwe bestuurslid. Tonien Botha, Rina Murphy, Annatjie vd Merwe en Ronel Lombaard bly as bestuurslede aan.

VLU2

Na af loop van die vergadering het die dames heerlik weggelê aan die disse wat Ronel Lombaard en haar teedames Elsa Greyling, Caroline Rossouw en Erika Blom voorberei het. Daar was ook yskoue vonkelwyn en aarbeie bedien ter viering van die maand van liefde.

STEL JY DALK BELANG OM BY NIGEL VLU AAN TE SLUIT??

Die volgende vergadering vind op 10 Maart by La Fayette in Irisstraat plaas.

Belangstellendes kan Anna-Marie Axer by 082 886 2002 skakel.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto. More »

Related Articles

Back to top button