NewsSchools

Hoërskool John Vorster vaar uitstekend tydens Interhoër

NIGEL - Hoërskool John Vorster se atlete het uitstekend gevaar tydens die Interhoër wat op 12 Februarie deur Leeuwenhof Akademie by Boksburg Stadion aangebied is.

Harde werk en toewyding van die atlete sowel as afrigters het vrugte afgewerp.

Uit die vyf deelnemende skole naamlik Leeuwenhof Akademie, Hoërskool Stoffberg, Hoërskool Delmas, Hoërskool Oosterlig en Hoërskool John Vorster, het Vossies se meisiespan algehele eersteplek behaal. Aan die einde van die byeenkoms is die prestasies van elke skool se atlete, asook die leerders per skool per formule uitgewerk om sodoende die beste presterende skool vir die byeenkoms te bepaal.

Hoërskool John Vorster het ‘n algehele tweedeplek behaal. Van die nuwe rekords wat deur Vossie atlete behaal is, is die meisies o/19 4 x 100m aflos met ‘n tyd van 0:54:32s; seuns o/15 4 x 100m aflos met ‘n tyd van 0:50:10s en Dominique Dantu wat die meisies o/15 gewigstoot rekord met ‘n nuwe afstand van 10,19m verbeter het.

Aan sanggees skiet Vossies ook nie tekort nie en het die beker vir algehele derdeplek gewen.

Hoërskool John Vorster se Arno Helberg in aksie tydens die seuns o/16 110m hekkies item by die Interhoër wat op 12 Februarie by Boksburg Stadion plaasgevind het.
Hoërskool John Vorster se Arno Helberg in aksie tydens die seuns o/16 110m hekkies item by die Interhoër wat op 12 Februarie by Boksburg Stadion plaasgevind het.

VOSSIES3 (Custom)

VOSSIES8 (Custom)
Vossies se sanggees tydens die Interhoër wat op 12 Februarie by Boksburg Stadion plaasgevind het, het hulle ‘n algehele derdeplek uit vyf deelnemende skole besorg.

Related Articles

Back to top button