Vossies se ‘siese’ laat gehoor skaterlag

NIGEL - ‘Horror your neighbour’ was vanjaar se tema tydens Hoërskool John Vorster se Graad 8- groentjiekonsert wat op 1 en 2 Februarie by die skool aangebied is.

Sowat 172 Siese (soos daar na die skool se nuwelinge verwys is) het ‘n skaterlagvertoning gelewer waarin die kwaaiste kwaai onderwysers van die skool uitgebeeld is.

Die vertoning het gewys hoe die groentjies besef die onderwysers is nie regtig so streng nie, nadat “the men in black” wat deur die uitvoerende raad vertolk is, tot hul redding gekom het.

Exit mobile version