Local newsNewsBreaking News

Skietongeluk eis bekende in boerekringe

NIGEL - Die gemeenskap is in skok na die raaiselagtige dood van ‘n 62-jarige man wie se liggaam op 29 Januarie met ‘n skietwond in die nek gevind is.

 

Jacobus Andries (Dries) Nortje was veral bekende onder die boeregemeenskap en het saam met sy vrou Ina, (‘n onderwyseres by Nigel High School), op ‘n plaas in die Klipfontein-distrik buite die dorp gewoon.

LEES MEER OMTRENT DIE VOORVAL IN HIERDIE WEEK SE UITGAWE

Volgens polisiewoordvoerder A/O Madeleine von Wielligh is dit nie duidelik wat presies gebeur het nie, maar die moontlikheid van ‘n skiet- of fratsongeluk word ondersoek.

Dries het twee jaar gelede op 23 Februarie ‘n noue ontkoming gehad toe hy in ‘n motorongeluk op die Balfourpad beseer is (HERAUT 26 Februarie 2014). Tydens die ongeluk het hy veelvuldige beserings, (waaronder nek- en voetbeserings) opgedoen en is met Netcare 911 se lugambulans na Unie Hospitaal in Alberton geneem.
Sy ontydige afsterwe laat ‘n groot leemte in die plaaslike gemeenskap en familie en vriende het op 5 Februarie tydens ‘n gedenkdiens by die Hervormde Kerk finaal van hom afskeid geneem.

 

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto. More »

Related Articles

Back to top button