Local newsNews

Plaaslike sanger gesels oor pienkvoet en nuwe album

NIGEL - Rudi Muller en sy vrou Lize spog deesdae oral met hul eersteling Tiamé, wat op 11 Januarie haar opwagting gemaak het.

 

Rudi bars omtrent van trots wanneer hy oor die pienkvoet wat hul huishouding oorgeneem het, gesels.

“Jou uitkyk op die lewe verander in ’n oogwink. Ons is dankbaar vir dié Godgegewe geskenk en voel dadelik oorbeskermend teenoor hierdie pragtige prinsessie,” het hy verklap terwyl hy vertel het dat sy kort na geboorte weens komplikasies in die intensiewesorg eenheid opgeneem is.

Oor die besonderse naam, Tiamé het Rudi verduidelik dat indien dit ’n seun was, sou hulle hom Liebe (na sy oorlede pa Lieb) genoem het. Sy skoonma se naam is Thea, so vandaar die unieke kombinasie van dié twee name.

Die innmende sanger loof en jubel ook op sy jongste album Loflied. Dit is sy agtste album en derde in die gospel genre.

LEES MEER HIEROOR IN DIE VOLGENDE UITGAWE VAN HERAUT

Tussen die liedjies op daardie album is ‘n Lof-keurspel en Rudi het 40 van die bekendste Gesange, Psalms, Halleluja-liedere en ander meevoerende lofliedere gekies en dit in elf opheffende en bemoedigende keurspelle verpak.

“Vir my persoonlik is dit ‘n seisoen van dankbaarheid wat aangebreek het. Ek vier dit met hierdie mooi liedere. Dis ‘n spontane saamsingalbum; geskik vir kerkdienste, selgroepe, oral waar mense in geloof byeen is,” aldus Rudi.

Vir meer oor dié gewilde sanger, besoek gerus sy webtuiste.

HET JY ‘N STORIE WAT JY MET ANDER HERAUT LESERS WIL DEEL??

Skakel ons Nigel joernalis (Magda) by 011 814 1020 of stuur ‘n epos na newsnigel.heraut@lantic.net

 

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto. More »

Related Articles

Back to top button