LEES MEER HIEROOR IN DIE VOLGENDE UITGAWE VAN HERAUT
Laetitia Blom en Jan Baasden werk onderskeidelik 35 en 30 jaar vir die staatsdiens en sê dit het nog nooit so sleg gelyk buite die perseel nie. “Dit is nou amper ‘n jaar sedert hier iemand was wat die tuine skoongemaak het of die gras gesny het,” het Laetitia verduidelik.
Jan het self ‘n randsnyer en brandstof bekom en die lang gras gesny, terwyl Laetitia met ‘n hark ingelê het om van die gras en ander rommel ontslae te raak.
“Die lang gras lok ongediertes, maar die poskantoor kan eenvoudig nie meer tuindienste bekostig nie. Ons kon die slordigheid nie langer uitstaan nie,” het Laetitia verduidelik waarom hulle self ingespring het.
Sy het bygevoeg dat kliënte al vir ‘n geruime tyd oor die slordige tuine kla , sonder dat die poskantoor enige aandag daaraan geskenk het.
HERAUT het SAPO vir kommentaar probeer nader, maar die mediawoordvoerder was nie telefonies bereikbaar nie en die amptelike SAPO webblad blyk nie meer funksioneel te wees nie.