Local newsMunicipalNewsBreaking News

Poskantoorwerkers spring self in om tuine skoon te maak

NIGEL - Poskantoorwerkers het op 27 Januarie hul moue opgerol en self die slordige, oorgroeide tuine by Nigel Poskantoor opgeknap en hope rommel verwyder.

LEES MEER HIEROOR IN DIE VOLGENDE UITGAWE VAN HERAUT

Laetitia Blom en Jan Baasden werk onderskeidelik 35 en 30 jaar vir die staatsdiens en sĆŖ dit het nog nooit so sleg gelyk buite die perseel nie. ā€œDit is nou amper ā€˜n jaar sedert hier iemand was wat die tuine skoongemaak het of die gras gesny het,ā€ het Laetitia verduidelik.

Jan het self ā€˜n randsnyer en brandstof bekom en die lang gras gesny, terwyl Laetitia met ā€˜n hark ingelĆŖ het om van die gras en ander rommel ontslae te raak.

ā€œDie lang gras lok ongediertes, maar die poskantoor kan eenvoudig nie meer tuindienste bekostig nie. Ons kon die slordigheid nie langer uitstaan nie,ā€ het Laetitia verduidelik waarom hulle self ingespring het.

Sy het bygevoeg dat kliĆ«nte al vir ā€˜n geruime tyd oor die slordige tuine kla , sonder dat die poskantoor enige aandag daaraan geskenk het.

HERAUT het SAPO vir kommentaar probeer nader, maar die mediawoordvoerder was nie telefonies bereikbaar nie en die amptelike SAPO webblad blyk nie meer funksioneel te wees nie.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto. More »

Related Articles

Back to top button