Nigel Stadsaal deur gebrekkige instandhouding onteer

NIGEL - Die ware omvang van skade en mate van strukturele verval van Nigel stadsaal se binnegeboue is jare lank uit die publiek en plaaslike belastingbetaler se oog gehou. HERAUT het egter ondersoek ingestel en op 26 Januarie ‘n gru-fonds gemaak.

LEES MEER HIEROOR IN DIE VOLGENDE UITGAWE VAN HERAUT

‘n Foto van die argiefkamer waar vertroulike dokumente gestoor word

Agter gebroke slot en grendel het die ware toedrag van sake hulself ontbloot. Die eens sierlike gebou wat oor die jare hope besoekers ontvang en destyds as munisipale raadsaal gedien het, is bykans tot die laaste baksteen van sy eer gestroop en deesdae die teiken van diewe en vandale.

Nigel Stadsaal is van alle elektriese kabels gestroop. Diewe het die kabels binne die gebou gebrand om by die koper uit te kom

Nie ‘n enkele elektriese kabel of koper-item is ontsien toe diewe onlangs toegang tot die gebou verkry het nie.

Van die sierlike klok buite die stadsaal, het weining oorgebly. Diewe het ook die GPF sein ontvanger (receiver) gesteel.

Die sierlike klok (horlosie) buite die stadsaal sal ook nie binnekort sy tydaanwysers beweeg nie, want die ratstelsel is heeltemal gestroop. Die geboue het so agteruitgegaan dat dit die huisvesting van duiwe en knaagdiere geword het. Die teenwoordigheid daarvan hou ‘n ernstige bedreiging en gevaar vir menslike gesondheid in.

Die skade beloop derduisende rande en intussen word belastinggeld onverpoos op munisipale oppassers (caretakers) verkwis.

Dit laat die vraag ontstaan – hoe kon die plaaslike owerheid toelaat dat die stadsaal in dié skandelike verval beland?

Exit mobile version