Gekaapte vragmotor in Nigel gevind

NIGEL - ‘n Gekaapte vragmotor met ‘n vrag gebottelde mineraalwater ter waarde van ongeveer R900 000 is in ‘n veld tussen Tweede- en Derdelaan agter die plaza gevind.

Volgens polisiewoordvoerder A/O Madeleine von Wielligh, is die vragmotor omstreeks 11:00 op 18 Januarie in Ogies gekaap. Die drywer is na bewering kort daarna in die Boksburg-omgewing afgelaai, waar hy ‘n saak van vragmotorkaping by die Dawnpark polisiestasie geopen het.

Lede van Nigel Community on Patrol (NCOP) het die verlate vragmotor tydens roetine patrollie op 20 Januarie opgemerk.

Herkie Stephens het ondersoek ingestel en gevind die vragmotor is twee dae vantevore as gekaap by die polisie aangegee.
Geen verdagtes is in verband met die kaping aangekeer nie en die saak word ondersoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version