Laerskool AG Visser se atlete het gister die rekords tydens hul interhuis byeenkoms laat spat.
Delaine Willemse (meisies o/12) het nie minder nie as vier rekords verbeter. Sy het nuwe rekords in die 75m hekkies, 150m hekkies, hoogspring- asook verspring item opgestel.
Pieter Kriel (seuns o/12) het twee rekords ingepalm toe hy die bestaande rekords in die 150m naellope asook die 100m naellope laat spat het.
Anke Wiersma (meisies o/10) het ook twee rekords in die 100m naellope en die verspring item verbeter.
Nog rekords is deur Demi du Toit (gewigstoot meisies o/13), Jeandré Kitching (gewigstoot seuns o/12) en Simoné Moll (hoogspring meisies o/11) opgestel.