Man vas wat lieg oor kaping

Lees hier waarom jy nooit vals verklarings moet aflê nie!

NIGEL – Die eienaar van ‘n Toyota Hilux bakkie wat sy voertuig op 25 Junie as gekaap by Nigel Polisiestasie aangemeld het, is op 9 Oktober in Nigel Landdroshof op aanklagte van meineed en die aflê van ‘n vals verklaring skuldig bevind en tot ‘n boete van R10 000 of 10 maande gevangenisstraf gevonnis.

HERAUT het op 22 Julie berig hoe lede van Nigel Metropolisie ‘n verlate Toyota bakkie in Laverstraat gevind het en dat die polisie kort daarna bevestig het dat dit die beskuldigde se ‘gekaapte’ voertuig was.

‘n Suksesvolle ondersoek deur A/O Wilkie Wilkinson van Nigel Speurtak het tot die beskuldigde se arrestasie gelei.

Hy het dieselfde voertuig vantevore ook by Bethlehem SAPD as gekaap rapporteer, maar uit die ondersoek het dit aan die lig gekom dat die bakkie by geen kaping of diefstal betrokke was nie en dat die eienaar vals verklarings afgelê het.

Die beskuldigde is ook onbevoegd verklaar om ‘n vuurwapen te besit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version