Editor's choiceLocal newsNewsBreaking News

Huis in puin na verwoestende brand

NIGEL - ‘n Gesin van ses is tydelik dakloos gelaat, nadat ‘n brand byna hul huis in Irrisstraat verwoes het.

 

Volgens die eienaar Lionel Johnson, het die brand kort na middagete op 23 November in die hoofslaapkamer ontstaan.

Lionel het saam met sy vrou en vier kinders in die huis gewoon. Hoewel net vier van die gesinslede ten tye van die brand tuis was, is niemand beseer nie. ‘n Buurman sê hy het die vlamme gesien en bystand met sy tuinslang verleen, onderwyl Ekurhuleni Nooddienste onderweg was.

Reddingswerkers was egter vinnig op die toneel en die verwoestende brand is geblus voor dit die kombuis en sitkamer kon bereik.

“Die brand het vinnig van kamer tot kamer versprei en die rook het ons byna oorval, maar ons was gelukkig om betyds uit te kom. Vandag het ek besef hoe maklik ‘n mens in rook kan omkom,” het Lionel aan HERAUT op die toneel gesê, terwyl reddingswerkers besig was om die huis van binne te beveilig.

Teen 14:15 het die hoofslaapkamer in puin gelê, maar die brand was heeltemal geblus. Die skade, waarvan die ware omvang eers later bereken kan word, beloop reeds etlike duisende rande.

Die oorsaak van die brand is nie bekend nie en word deur Ekurhuleni Nooddienste ondersoek.

 

IMG_20151123_134922 (Custom) IMG_20151123_135651 (Custom) IMG_20151123_135948 (Custom) IMG_20151123_140404 (Custom) BRAND1

‘n Huis in Irrisstraat is byna verwoes nadat ‘n brand kort na middagete op 23 November in die hoofslaapkamer ontstaan het.

Die Johnson-gesin het ‘n noue ontkoming gehad toe ‘n brand by hul huis in Irrisstraat ontstaan het, maar niemand is tydens die voorval beseer nie.

Related Articles

Back to top button