Local newsNews

Biologie vraestel lek by plaaslike Hoërskool uit, 4 leerders ondersoek

NIGEL - ‘n Ondersoek na die uitlek van ‘n Biologie vraestel in Limpopo het luidens ‘n berig in Rapport op 22 November, na Nigel uitgebrei.

 

Volgens aanduiding was die tweede vraestel wat op 16 November geskryf is, ‘n week vooraf reeds onder oë van matriekleerders in Limpopo, met bewerings dat die eerste vraestel wat op 10 November geskryf is, ook uitgelek het.

‘n Amptenaar in die nasionale departement van onderwys het die bewerings glo bevestig en Angie Motshekga (minister van basiese onderwys) het dit tydens ‘n mediakonferensie op 17 November bekendgemaak.

Prince Masilo, besturende direkteur van eksamens, het op 19 November ‘n vertroulike brief geskryf wat aan senior amptenare in die Gautengse departement van basiese onderwys gestuur is. Luidens die inhoud daarvan onthul hy dat vier matriekleerders van Nigel die tweede vraestel onder oë gekry het. Dit is nie bekend wie die leerders is of watter van die vier plaaslike hoërskole hulle bywoon nie.

Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, het op 20 November die uitlek van die vraestel bevestig, maar nie die name van die leerders of die skole bekendgemaak nie.

“Die distrik het egter die leerders opgespoor en met ‘n ondersoek begin.“

In Masilo se brief sê hy ook dat amptenare en speurders verbonde aan die Valke, vergader het en dat die saak binnekort in die spesiale handelsmisdaadhof in Pretoria aangehoor sal word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto. More »

Related Articles

Back to top button