Local newsNews

Jong boer sterf in fratsongeluk

Storm en hael laat boom op vragmotor val.

Hendrik Pretorius (34) van die plaas Rooikraal, is gister in ‘n fratsongeluk oorlede. Hendrik het net voor 16:00 ‘n vragmotor naby die plaasopstal bestuur toe ‘n boom die voertuig se kajuit platgeval het. Die ongeluk het tydens die stortreën en hael gebeur wat Heidelberg gister getref het.

 

Volgens Kaptein Thivhulawi Tshilate (woordvoerder) van Heidelberg Polisie is Pretorius se broer in nog ‘n ongeluk oppad na die ongelukstoneel beseer.

 

hendrik pretorius1

 

HERAUT het verlede jaar berig oor ‘n polisiekaptein van Benoni wat op die Pretorius-plaas vir diefstal aangekeer is. Die kaptein is op heter daad deur Pieter Pretorius en sy seuns betrap waar hy besig was om hooibale te steel. Hy het skuldig gepleit en is uit die polisie ontslaan. Hy het ‘n boete en opgeskorte vonnis ontvang en moet gemeenskapdiens verrig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button