Local newsNewsBreaking News

Twee sterf in botsing met lamppaal

NIGEL - Twee persone is dood en twee beseer toe die bestuurder van ‘n Toyota Avanza beheer oor die voertuig verloor en teen ‘n beton lamppaal in Protonweg gebots het.

Die voertuig het verskeie kere gerol voor dit in die veld tot stilstand gekom het.

IMG_8140 (Custom)
Die ongeluk het omstreeks 18:00 op 7 November op ‘n skerp draai voor die Coca Cola verkeerskruising buite die dorp gebeur. Geen ander voertuig was in die ongeluk betrokke nie.
Thabang Sekgabhane, die enigste insittende van vyf wat nie beseer is nie, het aan HERAUT gesê hy weet nie wat het gebeur nie, want hy het agter in die voertuig geslaap. Hulle was vermoedelik van Kwa-Thema na Nigel onderweg nadat hulle vroeër saam onder ‘n boom gekuier het.

IMG_8137 (Custom)

Sy vriend Thabo Kodisang (28) van Kwa-Thema is met impak by die venster uitgeslinger en het etlike meters verder in die gras gelê, waar nooddienswerkers van Ekurhuleni Nooddienste hom dood verklaar het. Nóg ‘n insittende is by die venster uitgeslinger, maar het aanvanklik geleef. Hy is later onderweg na Heidelberg Hospitaal dood. Die ander beseerdes is op die toneel gestabiliseer, voor hulle per ambulans na ‘n nabygeleë hospitaal geneem is.

Lede van Nigel GPF het metropolisie op die toneel bygestaan.
Die presiese oorsaak van die ongeluk is nie bekend nie, maar ‘n saak van dronkbestuur en strafbare manslag vorm deel van die polisie se ondersoek.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto. More »

Related Articles

Back to top button