Editor's choiceLocal newsNewsBreaking News

Rioolwater klots teen kombuisdeur

NIGEL - ‘n Rioolprobleem wat vier jaar gelede in Hutchinsonstraat kop uitgesteek het, is steeds nie opgelos nie.

LEES VOLLEDIGE BERIG DIE WEEK IN HERAUT

Rou rioolwater het op 5 November weer vrylik uit ‘n gebarste pyp op die rioollyn uitgeloop.
By Pieter en Nokkie du Toit se huis het rioolwater aan die kombuisdeur geklots.

Die skerp rioolreuk was onuithoubaar.IMG_8025 (Custom)

“Dit gebeur gereeld en ons kla al jare lank by die stadsraad. Al wat hulle sê is dat boomwortels die oorsaak is,“ het Pieter verduidelik.

Nokkie sien bedags na haar kleinkinders om en vrees dat hulle in kontak met besmette rioolwater sal kom. Dit geld ook vir hul troeteldiere wat as gevolg daarvan binnehuis gehou word.

IMG_8123 (Custom)

Die buurman, Dr Wiets Steyn (jnr) het ongeveer drie jaar gelede ingetrek en sê dit gebeur so gereeld dat hy die tekens al vooraf lees.

“Sodra die toiletwater opstoot of die stort nie behoorlik dreineer nie, weet ek wat volg,” het hy gesê en sy kommer oor die onhigiëniese toestand van vryvloeiende rioolwater in hul erwe uitgespreek.

Hutchinsonstraat in Nigel waar rou rioolwater vrylik oor die pad gevloei het
Hutchinsonstraat in Nigel waar rou rioolwater vrylik oor die pad gevloei het

 

Op HERAUT se navraag aan Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit is daar gesê die Du Toits moet op eie onkoste ‘n eenrigtingklep installeer wat die opstoot van rioolwater sal verhoed, maar geen antwoord is verskaf oor hoe die ondergrondse gebarste rioolpyp aangespreek gaan word nie.

Pieter du Toit het 'n pyp op eie onkoste aangelê om opdamming van rioolwater in sy erf te voorkom
Pieter du Toit het ‘n pyp op eie onkoste aangelê om opdamming van rioolwater in sy erf te voorkom

Pieter Du Toit van Hutchinsonstraat by rou rioolwater in sy erf wat sedert Januarie 2011 ‘n gereelde verskynsel is. Rou rioolwater wat uit ‘n gebarste pyp deur die gras syfer, het eenkeer tot binne die Du Toits se slaapkamer gevloei. Intussen het Pieter ‘n pyp aangelê om die opdamming van rioolwater te herlei.
Dr Wiets Steyn (jnr) by die uitvloei van rioolwater uit ‘n mangat by sy huis in Hutchinsonstraat. Hy het sy kommer oor die onhigiëniese toestand van vryvloeiende rioolwater uitgespreek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto. More »

Related Articles

Back to top button