Rowers weer vroegoggend bedrywig

Huisbewoners sagte teiken wanneer hulle in of uit by huis beweeg.

Gewapende rowers het weer vanoggend om 07:00 op niksvermoedende inwoners by hul huis toegeslaan. Die eienaar was in die oprit van die huis in JG Strydomstraat, Rensburg besig met twee van sy werkers toe drie rowers in ‘n bruinrooi Honda Ballade inry en ‘n wapen op hom rig. Hy het in ‘n stoeigeveg met die rowers betrokke geraak en een van die rowers het ‘n skoot naby sy kop afgevuur.

 

Die huiswerker wat gesien het wat gebeur, het na die muur gehardloop en die bure gewaarsku. Die buurvrou het hulp op die GPF-radio ontbied. Die rowers het intussen die eienaar se bankkaart en selfoon gegryp en weggejaag.

Exit mobile version