Local newsNewsUpdate

Juliana is derde beste koeksister bakker in land

Beoordelaars hou van die tekstuur en smaak.

Juliana Griessel  het derde geëindig in die finaal van die Stoofstories koeksisterkompetisie wat deur Solidariteit: Helpende Hand aangebied is. Sy was die streekwenner in Gauteng.
Sy het sake met sewe ander finaliste by die Hazelwood kosmark in Pretoria uitgespook.

Juliana sê die hewige hittegolf in Pretoria het haar effe gekortwiek en beoordelaars het gevind dat haar stroop se glans nie so goed soos die wenners s’n was nie. Hulle het haar egter geloof vir die tekstuur en smaak van haar gebak.
Dié ywerige huisvrou bak ongeveer 20 dosyn koeksisters per week wat sy privaat en by ‘n tuisnywerheid in Nigel verkoop.

 

2

 

 

 

 

 

 

 

Die algehele wenners van die kompetisie was ‘n egpaar, Willa en Johanna Rademeyer van Parys. Christa Dormehl van Newcastle was tweede met Gerda Swanepoel van Ermelo as die wenner in die markgunsteling-kompetisie. Die markgunsteling is deur die markgangers (wat die koeksisters geproe het) aangewys.

Mense wat wil proe hoe Gauteng se koeksisterkoningin se gebak smaak, kan hul bestellings by Juliana by 076 793 2670 plaas.

 

Related Articles

 
Back to top button