Local newsNews

Dit gaan beter met Phillip Beukes ná ongeluk

Heidelberg rugbyspeler besig om goed te herstel

Phillip Beukes, rugbyspeler van Heidelberg Rugbyklub word tans in ‘n rehabilitasie kliniek in Johannesburg behandel. Dit gaan volgens sy ma Karen baie beter met hom nadat hulle twee op 6 September in ‘n ernstige motorongeluk op die Heidelberg/Nigel-pad betrokke was.

Phillip moes uit die wrak gesny word en is per helikopter na die Netcare Unie Hospitaal in Alberton gevlieg. Hy het frakture in beide sy bobene en regterarm opgedoen asook veelvuldige kopbeserings.

Hy word die afgelope twee weke in die kliniek gerehabiliteer en sal vir ten minste die volgende maand daar bly. Die penne in sy regterbeen is reeds verwyder, maar volgens Karen bloei die wond nog baie. Phillip mag vir sewe weke nie staan nie.

3

Karen se kakebeen was op twee plekke gebreek. Haar wangbeen was ook gebreek en sy ondergaan more (7 Oktober) ‘n operasie om ‘n hematoom (swelsel wat deur gestolde bloed veroorsaak word) te verwyder. Die drade om haar tande word ook verwyder.

 

 

 

Related Articles

Back to top button