Local newsNews

Skenkings dringend benodig vir hulpbehoewendes

HEIDELBERG/NIGEL - Jy het dit dalk al oorweeg om uit te help met liefdadigheidswerk, of geld in te samel, vrywilligerswerk te doen, of kersgeskenke vir minderbevoorregte kinders te koop, maar jy weet nie waar om te begin of watter organisasies benodig regtig hulp nie.

JY KAN HELP!!! Maar hoe gaan jy te werk om hulle te help?
Kersfees is oor minder as drie maande en vir menige gesinne beteken dit nie noodwendig potte vol kos of opgestapelde geskenke onder ‘n kleurvolle versierde kersboom nie, maar bloot net nog ‘n dag van swaarkry en ellende.
HERAUT nooi lesers om betrokke te raak deur hul huise skoon te maak en enige ongebruikte items soos speelgoed, klere, kombuisware, meubels of selfs nie-bederfbare voedsel te skenk.

Die items kan by HERAUT se kantore in Heidelberg of Nigel afgelaai word en ons sal toesien dat dit onder plaaslike verdienstelike organisasies versprei word.

HERAUT HEIDELBERG: 9 Ueckermannstraat

HERAUT NIGEL: 134 Hendrik Verwoerdstraat

 

Vir meer inligting, skakel Heidelberg kantoor by 016 341 6373 of Nigel kantoor by 011 814 1020 of stuur ‘n epos aan heraut@lantic.net

 

Related Articles

Back to top button