MunicipalNews

Munisipaliteit kom van sy beloftes teenoor Alraparkers na

ALRAPARK - Sekere munisipale kwessies soos die onvoltooide publieke swembad (HERAUT 21 Januarie), bouvallige sport pawiljoen by MacKenzieville sokker stadion asook die toegegroeide sokkervelde blyk iets van die verlede te wees.

Inwoners se klagtes het die afgelope tyd heelwat aandag geniet en Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit (EMM) het sy beloftes nagekom. Sedert 2014 is daar met ywer aan die publieke swembad gewerk en met die aanbreek van lente verlede maand, is die hekke na bykans twee jaar vir die publiek oopgegooi.
HERAUT het Alrapark se munisipale swembad op 1 Oktober besoek en dit was duidelik dat Alraparkers lank vir dié olimpiese grootte waterbad gewag het. Nie die sterk wind en stof kon hulle keer om in die kristalhelder water te baljaar nie.
‘n Paar kilometer verder spog MacKenzieville Sokker Stadion met ‘n opsigtelike netjiese pawiljoen en kortgesnyde grasvelde. Intussen is Alrapark en MacKenzieville se gemeenskapsale ook opgeknap en hoewel munisipale kwessies nie oornag verdwyn nie, voel inwoners tevrede met die vordering wat gemaak word.

 

Related Articles

Back to top button