Kanaal besig om ‘skoon’ baadjie aan te trek

NIGEL - In opvolg op vorige berigte monitor HERAUT gereeld die situasie met betrekking tot opruiming in en om die kanaal en blyk dit of daar goeie vordering deur Nigel munisipaliteit gemaak word.

‘n Munisipale graafmasjien is sedert 8 September besig om onkruid en ander afvalprodukte uit die kanaal te verwyder en ‘n groot gedeelte van die kanaal is nou onkruid en rommelvry.

Bourommel en ander vullis word deur inwoners in en om die kanaal gestort

Dit is egter kommerwekkend dat inwoners (vermoedelik van die Noycedale omgewing) steeds huishoudelike afval en ander rommel in die kanaal stort, selfs  nadat die gedeelte by John Vorster Stadion reeds opgeruim is. ‘n Munisipale werker het op 23 September aan HERAUT gesê dat hy elke oggend deur ‘n vars hoop rommel in die kanaal begroet word.

“Residents have been complaining about the condition of the canal for years, but they are the ones that contribute to its condition! Even after we cleaned this part of the canal, they still dump their rubbish here,” het hy gesê.

Die opruiming sal nog maande neem om te voltooi, maar vloeiende water in die gedeeltes wat tot dusver opgeruim is, beteken goeie nuus.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version