MunicipalNews

Lesedi nie meer by Ekurhuleni ingelyf

DA staan aansoek teen

Die samesmelting van Lesedi Plaaslike Munisipaliteit (LPM) in die groter Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit (EMM) is vir eers van die baan. Die Demokratiese Alliansie het dié voorgestelde samesmelting met ‘n hofaansoek tydelik in die wiele gery. Dit sal vir ten minste tot die daaropvolgende verkiesing ná 2016 nie gebeur nie.


Die DA het die besluit teengestaan omrede hulle voel dat die samesmelting van kleiner munisipaliteite in die groter metropolitaanse munisipaliteit die gehalte van diens sal verlaag en ‘n verhoging in munisipale tariewe tot gevolg sal hê. 

Indien Lesedi deel van die groter Ekurhuleni sou word, sou dié munisipaliteit slegs ‘n diensverskaffer van die metropool wees. Nigel is ‘n goeie voorbeeld van só ‘n diensverskaffer van Ekurhuleni. 

Die munisipaliteit sal nie meer sy eie besluite oor sy eie gemeenskap kan neem nie.

Midvaal en Emfuleni het aangedui dat hulle nie meer die aansoek teen die voorgenome samesmelting sal teenstaan nie. Die DA wou egter die mondelinge ooreenkoms in die hof bekragtig en is tans in afwagting op ‘n hofdatum op die onbestrede rol. 
Volgens Wally Labuschagne (DA raadslid (Wyk 88): Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit) is dit teleurstellend dat ‘n vloot EMM munisipale voertuie en personeel reeds geruime tyd in Heidelberg ontplooi is, dit terwyl die Afbakeningsraad nog nie ‘n finale besluit oor die voorgestelde samesmelting geneem het nie.
Dié voertuie sal nie teruggegee word nie, omrede dit reeds deur Ekurhuleni uitgeboek is en op LPM se batelys geplaas is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button