Spoedvervolging – als wat motoriste moet weet

Moenie die volgende uitgawe van HERAUT misloop nie! Daarin berig ons oor die regulasies wat deur verkeerspolisie nagevolg moet word wanneer dit by spoedkameras en vervolging kom.

Hier volg ‘n uittreksel uit die berig wat volgende week verskyn:

* Wat is jou regte? Wat mag jy aanvra indien jy afgetrek word?

Jy mag die kamera se kalibrasiesertifikaat aanvra, asook die operateur van die kamera se bevoegdheidsertifikaat, aangesien dit te alle tye beskikbaar moet wees waar spoedmetingtoerusting gebruik word.

* Wanneer mag vervolging NIE plaasvind nie?

Indien die spoedmeting binne 300m van die begin van ʼn spoedlimietsone plaasvind en indien ʼn verkeersbeampte ʼn foto vir vervolging wil gebruik, maar nie toestemming by die direkteur van openbare vervolging het nie.

* Wat is die regulasies vir radarspoedtoerusting?

Die ligging van ʼn spoedradar moet duidelik in die dag geïdentifiseer kan word, ongeag of dit slegs gedurende die aand gebruik word; Daar mag geen groot, stilstaande of metaalvoorwerpe binne 50m voor die radar wees nie; Daar mag ook geen hoogspanningkabels binne ʼn radius van 100m van die antenna wees nie (bv kragkabels).

* Regulasies vir spoedtoerusting waar foto’s van toepassing is

Die foto moet ten minste die volgende inligting bevat: datum en tyd van die oortreding; spoed wat gemeet is en die ligging van die oortreding. Inligting op verkeersboetes wat NIE korrek is nie, kan na AARTO verwys word. .
Indien jy jou boete of verkeerskaartjie bevraagteken, besoek die volgende webwerf:

 

Exit mobile version