Ongeluk fnuik plaasrowers se vlugplan

Die Viljoen-egpaar is op hul plaas (sowat 20km buite Devon) deur drie gewapende mans aangeval en beroof. Dit roof het omstreeks 16:00 op 18 Julie plaasgevind.

Hiermee ‘n kortlikse opdatering – neem asseblief kennis dat die volledige berig vandeesweek in HERAUT verskyn:

Tydens die aanval is Chris Viljoen en sy vrou Elize van kontant en ander besittings beroof, voordat die aanvallers met die egpaar se bakkie weggejaag het.

Ten tye daarvan was die egpaar se hondjie nog in die bakkie. HERAUT het intussen bevestiging ontvang dat die hondjie ongedeerd is.

Die voortvlugtende bestuurder het later op ‘n grondpad beheer oor die bakkie verloor en dit het gerol. Een van die rowers het homself uit die wrak bevry en te voet gevlug, terwyl die ander twee ernstig beseer is. Intussen het die Viljoen-egpaar hulp na hul plaaswoning ontbied.

Later het ‘n ambulans met een van die verdagtes onderweg na ‘n hospitaal, ook beheer verloor en omgeslaan. Een van die verdagtes was steeds binne die omgekeerde ambulans vasgekeer.
Die toneel is deur polisielede beveilig en reddingswerkers het na die beseerdes omgesien.

“Die saak word tans deur Devon SAPD ondersoek en sodra die verdagte sodanig herstel het, sal hy in die hof verskyn. Die voortvlugtende is nog nie aangekeer nie,” het Madeleine von Wielligh, polisie woordvoerder van Nigel SAPD gesê.

HERAUT het op 20 Julie verneem dat die rower wat die bakkie bestuur het, later op die toneel aan sy wonde beswyk het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version