Kanaal krisis – regering gryp in

NIGEL - Die toestand van die kanaal wat deur die dorp vloei het sedert vorige beriggewing in HERAUT so versleg dat provinsiale regering nou ingegryp het.

LEES MEER HIEROOR IN HIERDIE WEEK SE UITGAWE
Mnr Jacobus van Burick het die bal aan die rol gesit om namens die Eeufeespark Inwoners Vereniging ‘n klag by die Departement van Omgewingsake, Gauteng provinsie in te dien.

Sy klag het op die regte ore geval en op 30 Junie het ‘n span van vier omgewingsinspekteurs die area besoek om ondersoek in te stel. Hulle was duidelik met afgryse vervul terwyl Mnr Van Burick die toestand van die kanaal aan hulle uitgewys het. Die moontlikheid van ‘n rioollek in die sisteem is ook tydens die inspeksie bespreek.

“Die kanaal hou ‘n gevaar vir mens en dier in en drastiese stappe sal geneem moet word om ‘n ernstige krisis af te weer. Dit is egter nie ‘n oornag-probleem nie en gaan nie oornag verdwyn nie,” het regeringsinspekteur Mashudu Nndwammbi aan HERAUT gesê.


HERAUT het op 1 Julie verneem dat ‘n rioollek elders in die sisteem gevind en deur die plaaslike Departement Stormwater opgeklaar is, maar moontlike chemikaliese besoedeling deur ‘n industriële groep in Vorsterskroon, word steeds ondersoek.
Hoewel dit maande mag neem voor die kanaal heeltemal tot sy vorige glorie herstel word, het almal dit eens – opruimingswerk sal voor die somer moet begin om moontlike oorstromings te voorkom.

Exit mobile version