Inwoners ontstoke oor half-voltooide munisipale kantore

Bekommerde belastingbetalers het die wenkbroue begin lig oor onvoltooide bouwerk by die plaaslike munisipale kantore in Nigel en HERAUT het verskeie navrae in dié verband ontvang.

LEES VOLGENDE WEEK MEER HIEROOR IN HERAUT

Volgens inligting moes die nuwe kliënte dienssentrum by Nigel Stadsraad sy deure verlede jaar Oktober oopgegooi het, maar in stede van ‘n moderne gebou met gebruiker vriendelike fasiliteite, word besoekers geforseer om wind en weer te trotseer wanneer hulle die tydelike administrasiekantoor met sy beperkte ruimte besoek.

Die bouprojek het kort na aanvang in 2010 ‘n duik in die stof geneem, maar nadat ‘n tweede tenderproses is later van stapel gestuur is, het die nuwe kontrakteur fluks gevorder. Die vooraansig van die munisipale kantore het begin vorm aanneem, maar toe ‘n groot gedeelte van die bouwerk teen November 2014 voltooi was, het Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit (EMM) weens wanbetaling in die skuld beland. Die kontrakteur het onttrek en sedert Februarie vanjaar staan die gebou onaangeraak.

In antwoord op die vraag wat vorentoe gaan gebeur, het DA raadslid Wally Labuschagne gesê daar is goeie nuus vir plaaslike inwoners en dat die kontrakteur binnekort weer terug op die perseel sal wees om die bouwerk te voltooi.

Exit mobile version