MOTHS lê kranse vir afgestorwe kamerade en helde

Die MOTHs het hul jaarlike kransleggingseremonie in Heidelberg gehou.

Die MOTHs Suikerbosrand Shellhole herdenk jaarliks Salmon van As wat tydens die Anglo-Boereoorlog tereggestel is, asook afgestorwe kamerade en helde uit die verlede wat vir hul land gesterf het.

“Ons moet aanhou met dié herdenkings, dit is belangrik en nodig. Laat ons hulle wat hul lewens vir hul land opgeoffer het, altyd onthou,” het Evert Pistorius (Old Bill) gesê.

Familie en vriende van afgestorwenes het die geleentheid gehad om kruise en kranse ter nagedagtenis aan hul geliefdes te lê.

Vir meer besonderhede oor die MOTHs Suikerbosrand Shellhole, kan Evert by 082 462 3894 geskakel word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version