CrimeNews

Verdagte in Myburgh moord moet 21 jaar sit

Paulus Radebe is vir 21 jaar tronkstraf opgelê vir sy aandeel in die moord op oud-distrikskommissaris Gerrit Myburgh in 2013.

Een van die mans wat by die aanval en moord op oud-distrikskommissaris Gerrit Myburgh (79) betrokke was, is op 9 Junie tot 21 jaar tronkstraf in Heidelberg Streekhof gevonnis.

Speurder Konstabel Happy Kubheka en Konstabel Tseko Simon Nyambose het Paulus Radebe (26) van Ratanda op 21 Augustus ná knap speurwerk met gesteelde besittings van Myburgh betrap toe hy en sy makker dit probeer verkwansel het.

Radebe se makker Brian Dube het egter daarin geslaag om te ontsnap en word steeds deur die polisie vir die moord op Myburgh gesoek.

Mnr Pieter du Plessis (waarnemende streeklanddros) het Radebe 10 jaar vir die besit van vuurwapens, drie jaar vir die ammunisie en nog agt jaar vir roof gevonnis.

Die kommissaris is op 4 Augustus 2013 op sy kleinhoewe in Flaminkstraat, Boschfontein met kookwater en ‘n strykyster gemartel voor hy verwurg is.

Radebe is binne dae ná die moord met die vermoorde se rare polisiesabel, vuurwapens en die res van die gesteelde items betrap. Hy kon aan die polisie uitwys waar Myburgh se uitgebrande voertuig versteek was.

Enigiemand met inligting oor waar Dube hom bevind, kan Speurder Konstabel Happy Kubheka by 016 341 5175 skakel.

Konstabel Tseko Nyambose en Speurder Konstabel Happy Kubheka wens mekaar geluk nadat ‘n verdagte vir 21 jaar tronk toe gestuur is vir sy aandeel in die moord op Gerrit Myburgh.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button