MunicipalNews

Polisiestasie gesluit weens skade na betogings, sê polisie

NIGEL – In skerp reaksie op die artikel in HERAUT van 27 Mei, het polisiewoordvoerder A/O Madeleine von Wielligh gesê dat Alrapark se satelliet polisiestasie nie gesluit was weens die enigste lid wat siek was nie, maar dat Sersant KJ Mohlala griep opgedoen het na blootstelling aan ongunstigde weerstoestande in die gebou waarin hy werk. …

NIGEL – In skerp reaksie op die artikel in HERAUT van 27 Mei, het polisiewoordvoerder A/O Madeleine von Wielligh gesê dat Alrapark se satelliet polisiestasie nie gesluit was weens die enigste lid wat siek was nie, maar dat Sersant KJ Mohlala griep opgedoen het na blootstelling aan ongunstigde weerstoestande in die gebou waarin hy werk.

Dit volg op 20 Maart se gewelddadige betogings, toe inwoners hul frustasies op staatsgeboue in Alrapark uitgehaal het. Rooimiere het die vorige dag onwettige elektriese konneksies verwyder en betogers het hulle tot die strate en geboue gewend. Die gebou se vensters is met klippe uitgegooi en betogers het probeer om die gebou af te brand.

A/O Von Wielligh het bevestig dat Sersant Mohlala weens ‘n tekort aan mannekrag, die enigste lid is wat aan die satellietstasie toegewys is, maar ontken die bewering deur Anna Motaung dat die stasie baie keer na etenstyd gesluit is.
HERAUT het op 28 Mei besoek aan die satelliet polisiestasie afgelê en tekens van die gewelddadige betogings op 20 Maart is oral te sien en die gebreekte vensters is steeds nie herstel nie.

Plaaslike inwoner Victoria Jacobs sê die satelliet polisiestasie dien sy doel ten volle en sy ontken dat die gebou baie keer gesluit is.

 

Related Articles

Back to top button