DBV maak boekwinkel oop

Die DBV het die afgelope Saterdag hul R10 boekwinkel geopen.

HEIDELBERG – Boekwurms het op 21 Februarie die DBV boekwinkel se opening bygewoon. Die DBV, geleë in Retiefstraat, het amptelik hul boekwinkel se deure oopgemaak.
Die publiek kon van `n verskeidenheid boeke kies teen `n spotgoedkoop prys van R10. Die toegeruste vraghouer vol boeke bied leesstof vir die publiek wat op die uiteinde die mishandelde- en verwaarloosde diere van die DBV help versorg.
Volgens Hester van Rensburg, voorsitter van die DBV komitee, was die opkoms baie goed en positief. “Hier was amper nie genoeg parkering nie!” het sy opgewonde gesê.
Die DBV het besluit om hierdie boekwinkel-projek te loods omdat dit so positief deur die gemeenskap ondersteun word. Die gemeenskap het vele boeke aan hierdie inisiatief geskenk en die publiek het baie boeke gekoop.
Litika Singh, een van die DBV komiteelede, het gesê die boekwinkel-projek het `n jaar en `n half gevat om dit aft e handel. Sy het ook gesê dit is te danke aan die Suid-Afrikaanse Lotery dat hulle dit kon behartig. Die lotery het die vraghouer waarin die boekwinkel ingerig is, geskenk asook geld vir petrol, salarisse, veearts kostes en ander toerusting.
Die boekwinkel sal weeksdae tussen 09:00 en 16:00 oop wees. Die DBV se boekverkoping sal steeds die laaste Saterdag van elke maand by die Victorian Sentrum plaasvind.
Die DBV bedank elkeen wat boeke skenk asook vir die kopers wat die projek se sukses verseker.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version