Bok maak sports in middedorp

Letswe ooi maak 'n draai by Steak Masters.

Die bestuurder van Steak Masters in Strydomstraat was uiters verbaas toe ‘n bokooi vanoggend net voor 01:00 met toemaaktyd deur die venster vir hom loer. Hy weet glad nie waar die jong ooitjie vandaan kom nie en die dier het vinnig na die kombuis se kant toe spore gemaak toe sy hom gewaar. Hy kon dit regkry om haar in ‘n stegie toe te maak tot hy hulp kon ontbied. Die bok is as ‘n Letswe uitgeken. Dit is ‘n uitheemse boksoort wat in Botswana voorkom. Die hulp van ‘n wildsboer buite die dorp wat Letswes aanhou is ingeroep. Hy en sy vangspan het vinnig die bokkie in ‘n hoek vasgekeer, haar oë met ‘n lap toegegooi en haar met behulp van ‘n draagbaar op sy bakkie gelaai. Hy het haar na ‘n plaaslike veearts geneem waar sy met ‘n kalmeermiddel tot bedaring gebring is. Sy sal nou op die plaas tussen die ander Letswes kan wei.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version