Ongeluk op N3-snelweg op Valentynsdag

Twee karre bots op N3-snelweg agter Heidelberg Mall.

`n Vrou wat by die Amerikaanse ambassade in Lesotho werk, was in `n ongeluk op die N3-snelweg agter Heidelberg Mall betrokke.
`n 20-Jarige man van Durban het na bewering met Abigail Lynn Unger se Land Cruiser gebots, waarna haar kar gerol het.
Die ongeluk het omstreeks 20:30 op 14 Februarie plaasgevind.
Die man het volgens mediese personeel frakture aan sy bene opgedoen. Abigail het haar rugwerwels beseer en ernstige kopbeserings opgedoen. Volgens Heidelberg polisie is albei na die Unie Hospitaal in Alberton geneem vir X-strale. As gevolg van beurtkrag kon dit nie by plaaslike hospitale gedoen word nie.
George Booker snr, wat op die toneel was, het gesê die vrou sterk goed aan. Sy is tans in die Unie Hospitaal in Alberton.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version