Local newsNews

Man en vrou trou in hospitaalsaal

'n Bruidegom se ernstige beserings het 'n paartjie genoop om in die hospitaal te trou. Dokters kan nie waarborg dat Chris van der Berg (58) se toestand gaan verbeter nadat hy sy rug en ribbes gebreek en 'n long deurboor is na 'n fratsongeluk op 3 Januarie nie.

‘n Bruidegom se ernstige beserings het ‘n paartjie genoop om in die hospitaal te trou. Dokters kan nie waarborg dat Chris van der Berg (58) se toestand gaan verbeter nadat hy sy rug en ribbes gebreek en ‘n long deurboor is na ‘n fratsongeluk op 3 Januarie nie.
Chris wat tans in die intensiewesorg eenheid van die Unie Hospitaal, Alberton behandel word, het al agt rugoperasies ondergaan.
Dokters het vir sy verloofde Magda gesê net God sal weet of hy gaan oorleef.
Chris het na sy derde rugoperasie ‘n septiese wond ontwikkel wat noodlottig kan wees.
Hy is ‘n vragmotorbestuurder en was op 3 Januarie oppad na Pietermaritzburg, toe van sy seile op sy vrag losgegaan het. Met die vasmaak van die seile, het hy sy balans verloor en op sy rug geval.
Chris en Magda was saam op Hoërskool Barberton vanaf 1970 tot 1972 en hy het toe al belowe dat hy met haar gaan trou.
Baie jare en twee egskeidings later, het hul paaie weer gekruis en die twee het in Desember verloof geraak.
Volgens Magda het Chris voorgestel dat hulle met die troue moet voortgaan en op
Pastoor Andries Steenkamp het ‘n gepaste boodskap van die liefde wat alles oorbrug gebring en die paartjie bemoedig om voluit vir God te lewe.
“Dit was die wonderlikste dag van my lewe en ek is vervul met liefde en dankbaarheid. Die kalmte en berusting in Chris se gesig het boekdele gespreek”, het Magda gesê.
“Ek is baie lief vir Chris en dankbaar vir die tyd wat ek saam hom gegun word”, het sy afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button