Local newsNews

Inwoners genooi na Lede in Christus Kerk

Die Lede in Christus Kerk in Freemanstraat is nog 'n eg ou pinkster gemeente onder leiding van Pastoor Wollie Wolmarans.

Die Lede in Christus Kerk in Freemanstraat 3 onder leiding van Pastoor Wollie Wolmarans is sedert 2010 in Heidelberg.
Volgens Pastoor Wollie wil hy dit onder inwoners se aandag bring aangesien baie mense dink dat hier nie ‘n Lede in Christus gemeente is nie.
Hy sê die gemeente het ‘n beskeie begin gehad toe ‘n paar gemeentelede in die pastorie, op dieselfde perseel, se sitkamer kerk gehou het. Die mooi kerkgebou is later aangebou en op 4 Augustus 2012 ingewy.
Hy is veral trots daarop dat die kerk nog ‘n volwaardige ou pinkster gemeente is. “Gemeentelede kan verseker wees van persoonlike aandag en dat die Heilige Gees se gawes ten volle uitgeleef word.”
Dienste is Sondae om 10:00 en 17:30 en Woensdae om 17:30 word gemeente biduur aangebied. Die vroue biduur word Donderdae om 10:00 gehou.
Vir meer besonderhede kan Pastoor Wollie by 016 341 5540 geskakel word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button