CrimeNews

13 Verdagtes van vragmotorkaping, vry

13 Verdagtes wat met die kaping van 'n vragmotor verbind is, het op 4 Februarie uit Heidelberg Landdroshof gestap nadat die saak nie op die hofrol geplaas is nie.

12 Mans en ‘n vrou is op ‘n Spaarwater-kleinhoewe betrap waar hulle die gesteelde vrag van ‘n vragmotor in ‘n ander voertuig oorgelaai het.
Volgens Heidelberg se staatsaanklaer mag sy nie aan die media bekendmaak waarom die saak nie op die hofrol geplaas is nie.
Heidelberg staan as die gevaarpunt (hot spot) van veral vragmotorkapings bekend en die polisie is moedeloos omdat al 13 verdagtes saam met die ware kapers vrygelaat is.
Intussen is nog twee vragmotors gedurende die nag van 2 Februarie op die N3 naby Heidelberg gekaap. ‘n Vierde vragmotor is om 19:00 op die N3 tussen Villiers en Warden gekaap. In nog ‘n voorval is ‘n Toyota Hilux bakkie op 3 Februarie op die R23 verby die Spaarwater-kleinhoewes gekaap.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button