NewsSchools

Robinn Thorburn nommer een in Gauteng-oos

Laerskool Tini Vorster se Robinn Thorburn (Graad 6) is tydens die Gauteng Onderwys Departement se prysuitdeling op 4 Februarie te Springs as 'n top leerder aangewys.

Laerskool Tini Vorster se Robinn Thorburn (Graad 6) is tydens die Gauteng Onderwys Departement se prysuitdeling op 4 Februarie te Springs as ‘n top leerder aangewys. Sy het die toekenning vir Top Presteerder in Natuurwetenskappe en Tegnologie in Oos-Gauteng ontvang. Volgens haar vakonderwyser, Mnr Izak de Villiers moes Robinn drie provinsiale toetse oor ‘n tydperk van vier maande aflê. “Sy het ‘n gemiddeld van 96% behaal na die aflegging van die toetse”, het Mnr De Villiers gesê.”Ons is trots om ‘n leerder soos Robinn te hê en sy is ‘n inspirasie vir baie ander leerders”, het hy verder gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button