Local newsNewsUpdate

Goue bruilof

'n Vriendskap wat 53 jaar gelede begin het, het gelei tot die goue bruilof van Reg en Marge Dantu op 6 Februarie.

‘n Vriendskap wat 53 jaar gelede begin het, het gelei tot die goue bruilof van Reg en Marge Dantu op 6 Februarie.
“My neef het ons aan mekaar voorgestel en met ons eerste ontmoeting was dit liefde met die eerste oogopslag. Ons was dadelik dol verlief op mekaar”, het Marge gesê.
Die vlerkslepery het destyds begin deur Reg wat vir twee en ‘n half jaar tussen Alberton en Springs gery het om vir Marge te gaan kuier. Volgens Marge is sy met die beste man in die wêreld op 6 Februarie 1965 getroud.
Hulle was eers Albertonners voor hulle 11 jaar gelede Nigel toe verhuis het.
Volgens Reg is hulle gelukkig in Ferryvale en na elke kuier in Johannesburg sê hulle altyd “dis goed om terug te wees”.
Marge was nog altyd ‘n huisvrou en Reg is bekend as die man met die klassieke V8 karre.
“Ons het ‘n groot liefde vir ou karre en volgens my man is daar niks so mooi soos die geluid van ‘n V8 enjin nie”, het Marge gesê.
Hulle het drie kinders, ses kleinkinders en een agterkleinkind.
“Ons is ryklik geseën en dank ons Hemelse Vader vir die jare wat Hy ons gespaar het”, het Marge afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button