Local newsNews

AfriForum stig tak in Nigel

NIGEL – AfriForum gaan op 6 November ‘n tak in Nigel stig.Die tak sal inwoners van Nigel bystaan om probleme insake plaaslikeregering sake en omgewingsake die hoof te bied en gemeenskapsveiligheid op te skerp.“Ons gaan veral in die plaaslikeregering sfeer aktief betrokke wees om die verswakking in munisipaliteite te stuit. Belastingbetalers is ingevolge die grondwet …

NIGEL – AfriForum gaan op 6 November ‘n tak in Nigel stig.
Die tak sal inwoners van Nigel bystaan om probleme insake plaaslikeregering sake en omgewingsake die hoof te bied en gemeenskapsveiligheid op te skerp.
“Ons gaan veral in die plaaslikeregering sfeer aktief betrokke wees om die verswakking in munisipaliteite te stuit. Belastingbetalers is ingevolge die grondwet geregtig op diens”, het Afriforum se provinsiale koördineerder vir Gauteng-Suid, Marcus Pawson gesê.
AfriForum het besluit om Nigel se gemeenskap by te staan nadat die organisasie ‘n groot aanvraag van bekommerde inwoners ontvang het.
“Die nuwe AfriForum-tak in Nigel gaan vir dié mense ‘n plek bied om hul stem te laat hoor en só te verseker hul burgerregte word beskerm,” sê Marcus.
“Aangeleenthede waarop die tak gaan fokus, sluit plaaslike regering, gemeenskapsveiligheid en omgewingsake in. Die enigste oplossing is om ons lede te bemagtig en op te lei om daadwerklike verandering in Nigel aan te bring. AfriForum skep vir gemeenskapsleiers die geleentheid om plaaslike regerings op en wakker te hou,” voeg Marcus by.
Alle inwoners van Nigel en omliggende omgewing wat belangstel om deel te word van AfriForum se veldtog om swak dienslewering en korrupsie in plaaslike owerhede om te keer, word uitgenooi om lid te word en by die tak in te skakel. Die doel van die tak is om die munisipaliteit ingevolge munisipale wetgewing en regulasies aanspreeklik te hou, om onreëlmatighede binne die munisipaliteit te beëindig en om die munisipaliteit aan te spoor om sy pligte teenoor die gemeenskap na te kom.
AfriForum sal inwoners ook op plaaslike vlak bemagtig om eienaarskap te neem en self probleme aangaande plaaslikeregering sake aan te pak.
Die takstigting vind op 6 November om 18:30 by Nigel Tuiste vir Bejaardes (hoek van Eeufees & Hendrik Verwoerdstraat) plaas.
Ondersteun AfriForum se Nigel-tak en SMS jou dorp se naam na 45342 teen ‘n koste van R1 per SMS.

Related Articles

 
Back to top button