Plaasaanval -slagoffers sterk aan

Dit gaan beter met die Brits-egpaar wat op 17 Augustus op hul plaas aangeval is.

Hannatjie Brits het op 25 Augustus (‘n week na die aanval) 74 geword en haar verjaardag in die teenwoordigheid van haar dogters Elsabé Hertzog en Jacqueline du Plessis en hul gesinne spandeer. Haar man George(77) is steeds in die hoësorgeenheid van Netcare Unie Hospitaalnadat hy deur een van die aanvallers in die skouer, deur die nek en in die kakebeen geskiet is. Hy het intussen sy bewussyn herwin nadat hy vir ‘n ruk lank onder sedasie was. Volgens hul dogter Elsabé het haar pa haar uit sy hospitaalbed opdrag gegee om ‘n groot ruiker vir hul ma te koop vir haar verjaardag. “Alhoewel hy nog in die hoësorgeenheid is, gaan dit baie beter. Hy is in ‘n opgeruimde bui en vol grappies” sê sy.
George moes ‘n operasie ondergaan om sy gebreekte kakebeen te heg. Hy herstel nog van ‘n wond wat hy aan sy keel opgedoen het en word deur hospitaalpersoneel fyn dopgehou. Hannatjie (‘n diabeet) het ‘n ligte beroerte gehad, sowel as lewerversaking na afloop van die aanval. Sy is op 24 Augustus, ‘n dag voor haar verjaardag, uit Netcare Unie Hospitaal ontslaan en gaan besoek haar man byna daagliks. Sy bly tans by haar dogter Elsabé.

Die verdagtes is nog nie aangekeer nie.

Lees volledige berig in HERAUT van 3 September.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version