MunicipalNewsUpdate

Inwoners eis antwoorde oor nuwe munisipale projek

Die Lungile Mtshali Gemeenskapsontwikkelingsprojek wat poog om werk te skep vir behoeftige mense het baie inwoners met vrae gelaat oor die tipe werk wat die lede van die projek veronderstel is om te verrig. Sommige inwoners voel dat die projek nie tasbare resultate lewer nie.

NIGEL – Die Lungile Mtshali Gemeenskapsontwikkelingsprojek wat poog om 30 behoeftiges van werk te voorsien en deur Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit (EMM) sedert 8 Maart geïmplementeer is, het negatiewe reaksie onder die inwoners van Nigel ontlok omdat hulle glo die werkers lewer nie die diens wat van hulle verwag word nie. Die werkers moet die skoonmaak van paaie, parke, stormwaterstelsels en die dorpsgebied behartig.
 
“Ek verstaan nie wat hulle werk presies is nie. Al wat die werkers in die groen oorpakke doen, is om heeldag te klets en inkopies te doen. Ek verstaan hulle word R3000 maandeliks betaal. Ek is ten gunste van werkskepping, maar dan moet daar ten minste werk gedoen word. Iets is nie reg nie,” het ‘n inwoner van Nigel, mnr Dries Kruger gesê.

Jennifer Dienie, ‘n inwoner van Alrapark, sê sy gee nie om dat die mense toelaes van die belastingbetalers ontvang nie, maar wil dan ten minste sien dat diens gelewer word.

“Die werkers is geregtig op tee- en middagete pouses. Die werkers word nie voltyds deur die munisipaliteit in diens geneem nie. Hulle verrig werklik goeie werk”, het Stella Sibisi van Ekurhuleni se klantebestuursdiens egter gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button