InternationalSport

Volkies netbalspan bo aan die leer

Die span dring nou deur na die SA netbalkampioenskappe.

Hoër Volkskool se o17A-netbalspan is gekroon as die Gauteng netbalkampioene.

Tydens die verskeie kwalifiserende ligas het die netbalspan teen groot skole te staan gekom maar hul man gestaan.

In die kampioenskap uitspeelwedstryde wat by Hoërskool EG Jansen tussen 16 tot 19 Junie plaasgevind het, het Volkskool bobaas vertonings gelewer.

Die tellings was soos volg:

Volkskool 20 – Randburg 10; Volkskool 27 – EG Jansen 4;

Volkskool 19 – Garsfontein 10; Volkskool 17 – Eldoraigne 15 en

Volkskool 31 – Soshanguwe Oos 5.

Tydens die kwartfinaal oorwin hulle Waterkloof 15 – 10 en in die semi finale klop Volkskool vir Noordheuwel 24-7.

In die finaal kraai hulle koning teen Helpmekaar met 24-17.

Die span kwalifiseer hiermee vir die Suid-Afrikaanse netbalkampioenskappe.

Related Articles

Back to top button