Volkskool netbal voer die botoon

Volkie Netbal wys die pad aan.

Hoër Volkskool se netbalspanne gee weekliks goeie rekenskap van hulself in die verskeie ligas waarin hulle speel.
Die skool se spanne speel almal in die Sedibeng netbal-liga.

Die skole wat deel van die liga uitmaak is Driehoek, Transvalia, Overvaal, Vereeniging Gimnasium, Dr Malan en Volkskool.

Die o14A (afrigter Barbara Mitchell) asook die o15A (afrigter Elaine Dalhouzie) was naaswenners in die liga en moet nog in uitspeelwedstryde meeding.

Die wenners van die uitspeelwedstryde gaan deur na die Gauteng Netbal Kampioenskappe.

Die o14B span (afrigter Barbara Mitchell) en die o14C span (afrigter Marieta Steyn) het beide in hulle onderskeie ligas as wenners weggestap.

Die tweede span (afrigter Lelané Meyer) en die o16B (afrigter Elizna Odendaal) is albei as naaswenners van hulle onderskeidelike ligas gekroon.

Exit mobile version