Karate weer volstoom aan die gang

Nuwe karatekas oefen hard.

Die SAJKA Karate Klub vir Heidelberg en Nigel het op 12 Januarie heropen vir die nuwe jaar.

Met die Covid-19 regulasies wat verslap is en dat meer mense toegelaat word om bymekaar kan kom, het sensei Bernard Raubenheimer aangedui dat 15 nuwe lede, wat karate as ’n sport wil beoefen, reeds ingeskryf het.

Die nuwe lede se ouderdomme wissel van vyf tot 35 jaar oud.

Raubenheimer bied 18 klasse in Heidelberg aan in verskeie gordel-groepe.

Die Heidelberg-klub bestaan op die oomblik uit 121 lede, waarvan 37 senior lede is wat bruin tot swart gordels insluit en 84 lede wat self wil poog om ’n bruin of swart gordel te kan verdien. Daar is ses ander instrukteurs wat ook help met afrigting.

Verskeie lede is berei ook voor vir die Gauteng kampioenskappe wat op 10 en 11 Maart in die Standard Bank Arena in Johannesburg gehou gaan word.

Elf lede berei ook voor vir hulle onderskeie nasionale swart gordel graderings in Oktober by Wanderers in Johannesburg.

Verskeie een-ster Dan (swart gordel) studente berei hulle self voor vir die tweede Dan gradering.
Alhoewel die karatas geleentheid kry om hulself te toets, is die uitsluitlike doel uiteraard om ’n swart gordel te verwerf.

Raubenheimer, wat al ’n vyfde Dan verower het, oefen op Dinsdae en Donderdae van 06:00 tot 07:00 by die instrukteursklas in Johannesburg om self te verseker dat hy sy studente reg kan leer en kan verseker dat hulle goed toegerus is. Hy berei homself ook voor vir sy sesde Dan gradering.

Met alles wat Raubenheimer al vermag het, is hy is ook ’n internasionale karate afrigter, skeidsregter en eksaminator met 48 jaar ondervinding in die sport.

“Die voordele van karate sluit in dat dit help met konsentrasie, fiksheid, self-vertroue, sosiale interaksie, motoriese vaardighede, ratsheid, koördinasie, soepelheid, geestelike en emosionele gesondheid en is ’n goeie uitlaat sisteem om van opgeboude aggressie en spanning ontslae te raak.

“Die intensiteit van die oefeninge help ook om jou postuur te verbeter en gewig te verloor.

“In die moeilike tye waarin ons leef, help dit ook met self-verdediging,” het Raubenheimer gesê.

Die Heidelberg-klub oefen van Maandag tot Donderdag by Hoër Volkskool in Jacobsstraat en in Nigel op Maandae en Woensdae in die saal van die NG Moeder Gemeente.

Daar is ook ’n beginnersklas vir enigeen wat belangstel op Maandae en Woensdae van 15:00 tot 16:00.
Vir navrae skakel Raubenheimer by 083 489 8231.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version