Nigel Rolbalklub lyk te spoggerig

Vir enige verdere inligting kontak die klub by 083 285 3759 of by 082 374 6681.

Die Nigel Rolbalklub se spelers spog sedert 4 Desember met splinternuwe hemde.

President van die klub Noel van der Miller het gesê die tyd het aangebreek het om nuwe drag aan te skaf om te verseker dat almal spoggerig lyk wanneer hulle volgende jaar met hul ligas begin.

Die klub het sowat 40 lede.

“Ons wil ook graag skole en besighede in die omgewing betrek deur middel van verskillende ligas,” het van der Miller gesê.

“Dit is om te verseker dat almal deel van die rolbal gemeenskap kan word en ter selfde tyd ’n sport beoefen wat almal kan geniet.

“Rolbal is ’n sport wat deur jonk en oud beoefen kan word. Hier kom jy in as ’n vreemdeling en loop uit met ware vriende.

“Van tyd tot tyd bied ons spesifieke dae aan, waar die publiek ingenooi word om betrokke te raak en te kyk of hulle die sport wil bemeester.”

Vir enige verdere inligting kontak die klub by 083 285 3759 of by 082 374 6681.

Exit mobile version