Klein Kallie vang 38 vis

19 Lede van Balfour Hengelklub het 510 vis van 210.235kg op 7 Desember by Moolmans (Vaaldam) uitgetrek.

19 Lede van Balfour Hengelklub het 510 vis van 210.235kg op 7 Desember by Moolmans (Vaaldam) uitgetrek.

Bennie Kriel was die senior wenner met 63 vis van 18.743kg met Pieter Swanepoel in tweedeplek met 45 vis (22.837kg) en Lukas Stoltz derde met 33 vis (16.226kg).

In die dames afdeling was Darell Roos eerste met 35 vis (10.549kg). Ingrid Kriel was tweede met 33 vis (10.847kg) en Sonja Brits derde met 31 vis van 8.464kg.

Kallie Kriel was die junior wenner met 38 vis(11.133kg). Lukas Stoltz het die swaarste karp (3.678kg) en baber (0.756kg) gevang terwyl

Bennie Kriel die swaarste moddervis (1.120kg) uitgetrek het. Hassen Kolanda het die swaarste graskarp (0.924kg) en geelvis (0.764kg) gevang.

Die volgende kompetisie sal op 4 Januarie by Leeuplaas (Vaaldam) plaasvind. Vir meer inligting oor Balfour Hengelklub kan Lukas by 084 757 6058 of Jaco by 082 323 6284 geskakel word.

Exit mobile version